Dis feestyd op Ongwediva!
Dis feestyd op Ongwediva!

Dis feestyd op Ongwediva!

Meer as 100 000 besoekers verwag
Gerine Hoff
Catherine Sasman – Die Ongwediva Handelskou (OATF) sal weer ’n druk program oplewer met die jaarlikse geleentheid wat vanaf 21 tot 29 Augustus plaasvind en na verwagting meer as 100 000 besoekers sal lok.
Teen Junie was alle stalletjies bespreek met ’n lang waglys van gretige uitstallers wat ook hoop om aan die groter wordende noordelike skou deel te neem.
Die munisipaliteit van Ongwediva se skakelbeampte, mnr. Andreas Uutoni, het gesê alle uitstallers wat plek in die sale (die Queen-, King Kaulume- en die Headman-saal) bekom het, het ook reeds daarvoor betaal.
Altesame 450 uitstallers neem vanjaar aan die OATF deel.
“Enige besoeker kan in minder as twee ure al die uitstallers besoek. Daarom moedig ons almal om te kom en om die betowering saam te beleef,” het Uutoni gesê.
Soos gebruiklik sal die meeste – indien nie alle – regeringsinstansies, insluitende semi-staatsinstellings, aan die skou deelneem.
Uutoni het gesê hoe graag hulle ook sou wou, kan die aantal uitstallers nie meer word nie omdat die uitstalruimte dieselfde bly. “Sou ons meer uitstallers wou akkommodeer, sou ons van die parkeerterrein moet gebruik maak.”
Die OATF lok elke jaar talle plaaslike en internasionale uitstallers. Een van die nuwe uitstallers is Golz Maschinenbau van Okahandja wat plaasimplemente verkoop.
Uutoni het gesê aangesien die skou gedurende die skoolvakansie plaasvind, kan leerlinge wat verder wil studeer gerus die skou besoek om by ministeries en ander maatskappye aan te klop om oor studiebeurse navraag te doen.
Daar word nie ’n groot opkoms vir die landbouskou verwag nie, weens bek-en-klouseer wat vroeër vanjaar in die noordelike streke uitgebreek het. “Daar bestaan selfs die moontlikheid dat ons geen lewende hawe sal uitstal nie,” het Uutoni gesê.
“Die munisipaliteit van Ongwediva bied elke jaar die skou aan om ’n platform aan plaaslike ondernemings te bied waar hulle hul dienste en produkte aan die publiek kan bekend stel. Dit is ons nederige bydrae tot die plaaslike ekonomie,” het Uutoni gesê.
Die rimpeleffek van die skou is plaaslike hotelle en ander verblyfgeriewe, vulstasies, winkels en opemarkte wat voordeel daaruit put. Hy het plaaslike besighede egter gemaan om gedurende die skou “redelike pryse” vir hul dienste te vra.
“Die sukses van die skou en die verantwoordelikheid om professionele dienste aan besoekers te bied, berus in die hand van plaaslike besighede. Die OATF doen sy deel, maar die res hang van die plaaslike gemeenskap af.”
Uutoni het gesê die hele Oshanastreek baat ook by die skou.
In ’n poging om koste vir die aanbieding van die skou te besnoei, sal die OATF sekere dienste soos spyseniering, skoonmaak en sekuriteitsdienste aan plaaslike besighede kontrakteer.
“Ons sal egter nie die gehalte en doeltreffendheid van hierdie dienste inkort nie,” het Uutoni onderneem.
Sekuriteitsdienste sal 24 uur per dag oral op die terrein wees.
“Ons uitstallers en besoekers kan gerus wees dat hul lewe en eiendom in goeie hande is,” het Uutoni gesê, en bygevoeg dat uitstallers reeds vanaf 20 Augustus hul produkte na die perseel kan bring.
“Dit vrywaar hulle egter nie van die verantwoordelikheid om na hul eiendom om te sien nie. Hulle moet ook met die sekuriteitswagte saamwerk,” het Uutoni gemaan.
Herstelwerk is die afgelope paar maande aan die sale onderneem. In die eerste fase is die dak van die Queen-saal vervang wat in 1990 gebou is. Die nuwe dak het N$610 000 gekos en is deur die plaaslike kontrakteur Dowie Construction CC gebou.
In die tweede fase sal ventilasie in die sale verbeter word. Die OATF het egter nie vanjaar geld daarvoor beskikbaar gehad nie.

Comments

Namibian Sun 2024-09-19

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.49 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.04 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.52 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 587.64/OZ UP +1.10% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.81% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.70/BBP UP +2.32% | Platinum US$ 984.70/OZ UP +1.77% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.49 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.04 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.52 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 587.64/OZ UP +1.10% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.81% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.70/BBP UP +2.32% | Platinum US$ 984.70/OZ UP +1.77%