Die onsigbare gestremdheid
Die wêreld tref haar in skerp volkleur, oorverdowend en van alle kante af.
Henriette Lamprecht – Haar lewe tot dusver was ’n soektog na woorde om brûe van haar wêreld na die wêreld om haar te bou. Debbie* leef met outisme. Haar brein is anders bedraad as ander mense s’n en daarom het sy fisiek en emosioneel teen ’n ander tempo ontwikkel.
Dit beïnvloed hoe sy loop, beweeg, praat, luister, onthou en dink.
Dit raak ook hoe haar brein sintuiglike en ander inligting en ervarings vertolk en haar vermoë om emosies en veranderinge in haar omgewing te verwerk. Bowenal raak dit haar vermoë om te kommunikeer en sosialiseer.
Sy noem dit ’n “onsigbare gestremdheid”.
“Die wêreld tref ons in skerp volkleur, superstereo, oorverdowend, gevul met oorweldigende reuke, teksture en smake. Alles op een slag. Van alle kante af.”
Mense met outisme moet filters leer skep en moet inligting dikwels op ’n bewustelike vlak inneem, sorteer en verwerk.
Vir omstandighede waarin ingeoefende reaksies nie werk nie, is daar net een oplossing: om “oorladingsones” te vermy.
Dit sluit in skerp, flitsende ligte, baie geraas, groot groepe (vreemde) mense, skerp reuke, onaangename teksture, temperatuur-uiterstes, hoogs emosionele, gespanne of onvoorspelbare situasies.
Debbie is sogenaamd “hoër funksionerend”, wat nie beteken sy leef met minder outisme nie, maar net dat haar outisme minder sigbaar vir die buitewêreld is en dat sy selfversorgend is.
“In my eie ruimte het ek vlerke, beweeg ek teen die spoed van lig en vat ek elke vat raak,” sê sy.
Die gevoel van andersheid tree in sodra ander mense tot die situasie toetree, sê sy.
In hierdie situasie word jy as iemand met outisme voortdurend geweeg en te lig bevind, word jou andersheid ontbloot en ook deur die reaksies van mense om jou beklemtoon, verduidelik Debbie.
“In sulke tye veroorsaak die kontras dat jy nie jou eie andersheid kan miskyk nie.”
Die gevoel van anders wees was veral tydens Debbie se skooljare erg.
“Op skool kon ek agterkom ek sien goed anders. Ek sou goed raaksien wat niemand anders raaksien nie. Ek sou anders luister en vrae vra wat niemand anders vra nie.”
Haar tienerjare was traumaties en uiters pynlik. Sy kan vandag nog nie woorde daarvoor vind nie, sê sy.
“Outistiese gedrag word dikwels met die persoon se karakter verwar,” sê Debbie.
“Mense neem dinge aan of vermy mense wat sosiaal ongemaklik en vreemd is, op buitengewone maniere oogkontak maak, vreemde, onvanpaste gesigsuitdrukkings het, soms emosieloos voorkom, nie hedendaagse grappies verstaan of amusant vind nie, vreemde wieg- en wikkelbewegings maak, lang monoloë oor hul gunstelingonderwerp voer of dikwels hul eie geselskap verkies.”
Dit het haar baie lank geneem om haarself lief te kry, en nóg langer om vertroue in die samelewing te ontwikkel.
Die grootste uitdaging was om te verstaan haar andersheid is nie ’n las, ongeluk of straf nie.
Grootmense boelie op ander, meer subtiele maniere as kinders, sê Debbie. Tog weet sy haar ervaring maak haar ’n beter, “skoner” mens.
“Die vuur het al die nonsens, die verwaandheid, selfsug, jaloesie, nydigheid, selfregverdiging en die illusie dat die lewe my enigiets skuld, weggebrand en my met ’n deernis vir hierdie deurmekaar wêreld gelaat. Ek het meer realistiese verwagtinge van mense en verhoudings.”
Debbie het haar andersheid aanvaar nog voor dit ’n naam gekry het. Sy was amper middeljarig toe die naam daarvoor amptelik was: Asperger-sindroom.
“Vir my was dit die laaste hekkie na emosionele genesing. Dit was asof die sirkel voltooi is. Ek kon myself verstaan – uiteindelik.”
Debbie is ook ’n ma en eggenote. ’n Verhouding met iemand met outisme is nie anders as met enige ander mens nie. So af en toe is daar bietjie “vertaling” nodig, maar ware liefde is ’n goeie tolk, sê sy.
“Ek is geseënd. Ek het ’n man wat nie net in liefde glo nie, maar dit leef. Ons is ’n span; ’n hand in ’n handskoen.”
Outisme maak van haar ’n beter ma, glo Debbie. Dít omdat sy die veilige ruimte verstaan wat roetine skep en die baie klein gaatjies wat net onvoorwaardelike liefde kan vul.
Outisme het haar geleer die lewe het nie witbroodjies nie. Die grootste vreugdes in die lewe vereis nie woorde nie, sê sy.
Die slegste deel van haar ervaring met outisme is die stigma wat daaraan kleef.
“Geen ander gestremdheid veroorsaak soveel kontrasterende menings, botsende belange en frustrerende emosies nie.”
Mense stel nie belang nie en wil nie altyd betrokke raak nie. Eerste indrukke van iemand met outisme is dikwels nie positief nie. Die regering laat gestremdes op alle vlakke in die steek, sê Debbie.
Outisme is ’n unieke manier om die lewe te ervaar, sê sy.
“Ek het net een vashouplek: Die enigste manier waarop die lewe sin maak is deur geloof in die Here. Daarsonder is ons plastieksakke wat oor die vlaktes waai.”
*Skuilnaam
[email protected]; www.autism-namibia.org

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article