B2Gold beveilig laerskool
Op 10 November is die Primêre Skool Namibië in Windhoek se nuwe muur en sekuriteitsheining ingewy. Dít danksy die geldelike steun van B2Gold Namibië deur middel van sy MVO-program om sodoende die regering se pogings te ondersteun om 'n veilige leeromgewing vir die Namibiese kind te skep.
Octavia Tsibes
Die maatskappy se program vir korporatiewe sosiale verantwoordelikheid (MVO) het ten doel om verantwoordelike mynbou- en volhoubare inisiatiewe te bevorder wat ’n langtermynimpak op sy vier fokusareas, naamlik onderwys, omgewingsbewaring, lewensontwikkeling en gesondheid, sal hê.
Die skool is geleë langs 'n winkel wat snags bier verkoop. "Daar was gate in die heining wat veroorsaak het dat diewe die skoolterrein binnegekom het wanneer hulle wou. Ons het 'n groot verlies gely toe die diewe die kopieërmasjien en rekenaar van die biblioteek gesteel het," het mnr. Johannes! Nauiseb, die skoolhoof, gesê.
Die diewe het ook gereeld die gloeilampe, deure en diefwering gesteel wat groot ongerief veroorsaak het. Die gate in die heining het ook beheer oor leerlinge se klasbywoning en aanwesigheid bemoeilik, aangesien hulle daardeur van die skoolterrein weggeglip het.
"As 'n skool moet jy 'n begroting vir strategiese beplanning saamstel en die skoolmuur was een van ons planne. Ons het kwotasies van verskillende plekke aangevra om te sien hoeveel geld ons werklik moet insamel om 'n muur te bou. Die bedrae sou miljoene beloop, waarna ek besef het dat geldinsamelings jare sou neem," het Nauiseb gesê.
Hy het vervolgens briewe aan verskeie maatskappye gestuur waarin die omstandighede beskryf en om hulp gevra is om die skool 'n veiliger plek te maak. B2Gold het binne 'n week gereageer.
Me. Laura McLeod-Katjirua, goewerneur van die Khomasstreek, het tydens die inwyding gesê:"Die skenking deur B2Gold is 'n ware toonbeeld van die private sektor wat die regering tegemoetkom om te verseker dat Namibiese kinders niks anders as die beste onderwys ontvang nie."
Mnr. Mark Dawe, besturende direkteur van B2Gold, het gesê alhoewel B2Gold 'n goudmyn in 'n klein geografiese gebied in die Otjozondjupastreek bedryf, sal sy maatskaplike beleggingsprogram voortgaan om by te dra tot nasionale verandering ten einde alle Namibiërs te bevoordeel.
"Om terug te gee aan gemeenskappe en om die lewe van die mense te verbeter, is waaroor B2Gold gaan, en ons doen dit met passie, toewyding en vasberadenheid."

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article