• Home
  • My Zone
  • Sien julle by die Napso-privaatskolenaweek
Elnatan en Tsumeb Gimnasium se tjokkers speel teen mekaar. Foto Napso
Elnatan en Tsumeb Gimnasium se tjokkers speel teen mekaar. Foto Napso

Sien julle by die Napso-privaatskolenaweek

Heerlik op die platteland
Napso bied saam met Elnatan die immergewilde sportgeleentheid op Stampriet aan.
Aldo Horn
Die Napso-privaatskolenaweek, een van die land se grootste skolesportbyeenkomste, vind tans op Stampriet by die Privaatskool Elnatan plaas.

Teen druktyd is daar al ’n hele Woensdag se sport agter die rug, maar lê daar nog heelwat opwinding tot Saterdag voor.

Die tema, Prysloos Platteland, word ten volle uitgebeeld om die dorp te vier.

Elke dag word talle netbal-, hokkie-, en rugbywedstryde gespeel – van tjokkers tot eerste spanne. Verder is daar jukskei, skaak, boogskiet en tennis op die spyskaart om leerlinge se vaardighede in dié sportkodes te beproef.

’n Hoogtepunt is die Mnr. en Mej. Privaatskole-kompetisie waar kroondraers van elke skool se onderskeie kompetisies mekaar die stryd aansê om te bepaal wie die uiteindelike wenner sal wees.

Elke deelnemende skool bring ook hul eie gelukbringer (mascot) saam om gees onder die leerlinge en ondersteuners te bou. Bykans elke dier wat voorgestel kan word, is hier te siene – van ’n renoster en ’n arend tot ’n springbok.

Die afwagting vir hierdie byeenkoms bou reeds maande lank op en word nou uiteindelik ’n werklikheid. Die bywoning is so goed dat gastehuise sedert verlede jaar reeds vol bespreek is en ondersteuners nou noodgedwonge sover as 100 km buite die dorp moet bly.

Só word die plattelandse gemeenskap en dorpe ook finansieel ondersteun.

Die My Zone-span is ook op Stampriet en daar word talle aktiwiteite beplan, veral met die nuwe Synergi Chatbot waarmee ’n mens aan kompetisies kan deelneem. Stoor die nommer 085 785 6231 om deel te neem.

Sien julle daar!

Comments

Namibian Sun 2024-07-07

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A