Clio V: Effe mooier en baie beter
Meer as 30 jaar se stilistiese en tegnologiese evolusie
Dirk Gallowitz
Renault se fokus die afgelope paar jaar was om kleiner, goedkoper en meer waarde-vir-geld produkte na kopers te bring. Modelle soos die Kwid, Triber en meer onlangs die sakpas Kiber, het verkope fluks aangejaag, maar die winsmarges was egter aan die klein kant.
Die ringkoppe uit Frankryk het sedert laasjaar die opdrag gegee om klem te verskuif na meer wins per eenheid en ook sommer toestemming gegee dat Renault SA duurder modelle uit Europa na ons mark kan bring.
Die gevolg is dat die vyfde generasie Clio uiteindelik in Februarie plaaslik bekend gestel is, weliswaar amper drie jaar ná die model sy verskyning op Europese paaie gemaak het. Die nadeel hiervan is dat die Clio V se middellewe opgekikkerde model reeds volgende jaar plaaslik verwag word.
Die Clio 4 het die koppe laat draai en baie harte gewen met ’n opwindende voorkoms en moderne binneruim. Clio V word op dieselfde platform gebou, met die voorkoms wat subtiele veranderings ondergaan het. Die nuweling vertoon effe meer sportief, want die spoorwydte is verbreed en bakpanele by die voor en agterkant is verander. Nuwe ligontwerpe voor en agter dra ook by tot die Clio V se varser voorkoms.
Meer modern
Binne vertoon die kajuit meer modern met Renault wat moeite gedoen het om die Clio V vir kliënte aanloklik te maak. Ten spyte van ’n oorwegend swart afwerking met dof gepoleerde metaal insetsels in die voorpaneel en stuurwiel, is die ambiaans smaakvol met goeie ergonomie in die uitleg en verpakking. Die instrumentpaneel bied digitale beelde wat maklik leesbaar is, maar daar is geen toereteller nie!
’n Sportstuurwiel bied skakelaars vir die meeste nutsfunksies, terwyl ’n groot vertikaal-gemonteerde raakskerm die voorpaneel domineer. Die stelsel bied pragtige volkleur beelde waarvan die opsies maklik, intuïteif en gebruikersvriendelik werk. Die stelsel bied toegang tot klank en kommunikasie asook satelliet navigasie, terwyl Android Auto en AppleCarPlay koppeling met slimfone maklik en koordloos maak.
In die topmodel word tru-kamera beelde ook op die skerm vertoon.
Sitplekke bied gerieflike steun en word pragtig beklemtoon met ligte grys afwerking by die stiksels.
Plaaslik is die Clio V bekendgestel in drie afwerkingsvlakke naamlik “Life”, “Zen” en “Intens” met die “Life” wat as intreevlak dien, terwyl die topmodel “Intens” die beste toegerus is. Die nuwe benamings vervang die uitgaande model se Authentique, Expression en Dynamique weergawes.
Al die modelle in die vyfde generasie Clio is standaard toegerus met agterste parkeergonsers, lugversorging, elektriese vensters en kantspieëls. Die topmodel bied onder andere ook sleutelose toegang, ’n aansitterknop, elektriese handrem, baanverlaatgonsers, outomatiese ligte asook ’n koordlose herlaaivakkie vir slimfone.
By die “Intens” topmodel het Renault SA ook ’n verdere en opsionele “Option Pack” beskikbaar gestel wat selfs meer tegnologie in die reeds goed toegeruste kajuit beskikbaar maak.
Renault het die Clio V met dieselfde 1.0 liter turbo petrolenjin toegerus soos met die uitgaande Clio 4, maar die witjasse in Frankryk het die enjin met meer oemf opgekikker. Die 999cc 3-silinder turbo-oondjie lewer nou 78kW en 160N se piekkragte wat 8kW en 20Nm meer is as by die uitgaande model. Krag word na die voorwiele gestuur deur middel van ’n 5-gang handratkas. Amptelike brandstofverbruik word aangegee as 5,7 liter/100km.
Terwyl die kernsyfers goed vergelyk met sy kompetisie, wonder mens of ’n outokas en ’n 6de rat vir die handratkas nie tot die nuweling se voordeel sou wees nie. Dalk sien ons dit by die middelkuur opgraderingmodelle wat in 2023 plaaslik verwag word.
Tydens die bekendstellingsrit het die Clio V beïndruk met goeie paddinamika, lewendige verrigting en ’n lekker stil kajuit. Bestuurders kan kies tussen 3 ritmodusse naamlik Normal, Sport en Eco.
Ons hou van die Clio V se pragtige ontwerp, moderne goed toegeruste kajuit en heerlike bestuursdinamika.
Pryse begin by om en by N$315 000 vir die “Life”, N$335 000 (Zen) en N$355 000 vir die topmodel “Intens”. Sou kopers die ekstra “Option Pack” wil hê, gaan dit ’n bykomende N$15 000 kos.
Soos met alle nuwe Renault passasier voertuie is die 2022 Renault Clio modelreeks ook standaard beskikbaar met ’n 5 jaar/150 000km meganiese waarborg, ’n 6 jaar anti-roes waarborg en ’n 2 jaar/30 000km diensplan ingesluit.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article