Is jy gereed vir die Visfees?

Dit is weer die tyd van die jaar waar Hentiesbaai se gewilde Visfees sy vere regskud om op 24 en 25 Augustus oud en jonk te vermaak.

Een van die organiseerders, Karel Agenbag, sê hulle beplan ’n verskeidenheid aktiwiteite.

“Ons het besluit om Vrydag ’n spesiale geleentheid vir pensioenarisse aan te bied. Ons het meer as 120 stalletjies, so hulle kan alles kom kyk en geniet. Dit gee ook die stalletjiehouers ’n kans om vir die ouer mense te wys wat hulle uitstal.

“Vrydag het ons ook ’n geldinsamelingsgeleentheid vir die demensiesentrum, saam met die Hentiesbaai-gemeenskap.

“Hoezit Samelewing gaan ’n spesiale vertoning aanbied, en al die geld wat ons insamel, gaan aan die demensiesentrum geskenk word om so ietsie aan die ouer mense terug te gee.”

Agenbag sê daar sal ’n hele paar kompetisies aangebied word.

“Daar sal ’n hengel-, ’n Fear Factor-, ’n bierdrink- en ’n fietsrykompetisie en boeresport wees.

“Daar is baie pryse om te wen en in die hengelkompetisie alleen kan tot N$50 000 se pryse gewen word! Saterdag het ons ook ’n geldinsamelingsgeleentheid vir die Kankervereniging en ’n vrouetee."

“Vir die kinders het ons vanjaar ’n kindertent, waar hulle poppespel en ’n fliekaand kan geniet. Daar is mense wat na die kinders omsien, so dis ’n veilige plek vir hulle.

“Terwyl jy in die biertent sit en na die kunstenaars luister, kan die kinders op die springkasteel speel en ander aktiwiteite geniet,” sê Agenbag.

Die kunstenaars wat vanjaar die fees aan die brand gaan sing sluit onder meer Ricus Nel, Riaan Benade, Jakkie Louw, Monique, Jacob & Taylor, Amy Botes, Prop, Deon Groot, Jo Nicol, Cordelia, Riaan Smit, Nicholas Louw, Wes SA, Werner van Zyl, Hoezit, Felias en Pokkel in.

Met 124 stalletjies is daar iets vir almal! Van tuisgemaakte kos tot geskenke, daar is ’n groot verskeidenheid om van te kies.

Die toegangsfooie vir vanjaar se fees is as volg:

- Vrydag: Volwassenes betaal N$100, laerskoolkinders en jonger N$50 en gratis vir pensioenarisse.

- Saterdag: Volwassenes en hoërskoolleerlinge betaal N$200, kinders N$100 en pensioenarisse N$100.

- Naweekkaartjies: Volwassenes en hoërskoolleerlinge betaal N$280 en kinders N$120.

“Vir meer inligting, besoek gerus ons Facebookblad, Visfees 2024. Ons plaas gereeld inligting oor die kunstenaars en die program.

“Ons wil ook net baie dankie sê aan ons borge. Ons het vanjaar baie groot borge gekry, van Windhoek tot Hentiesbaai, Swakop en Walvisbaai.

“Ons waardeer dit opreg. Dankie aan Platinum Business Trust, Spur, Beefcor, Namib Diesel, Q-J Namib Metals, Fix-It Coastal, Seapride, Ford, Toyota, Spot-On, Auas Motors, en Spar. Dankie ook aan Bank Windhoek, Kickstart Events & Hires en al die ander wat ons ondersteun.

“Ek kan met sekerheid sê die weer gaan vanjaar lekkerder wees. Die groot visse, die stalletjies, en die lekker gemeenskap van Hentiesbaai bied ’n warm gevoel.

“Dis iets wat jy moet beleef. Ek wil net baie dankie sê aan almal in Hentiesbaai wat ons help, veral met verblyf en kos.

“Julle ondersteuning maak alles moontlik. As daar nog iemand is wat wil help, kan julle ons enige tyd kontak. Baie dankie aan almal!”

Comments

Namibian Sun 2024-09-19

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.49 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.04 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.52 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 589.10/OZ UP +1.16% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.84% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.71/BBP UP +2.35% | Platinum US$ 984.85/OZ UP +1.78% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.49 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.04 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.52 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 589.10/OZ UP +1.16% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.84% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.71/BBP UP +2.35% | Platinum US$ 984.85/OZ UP +1.78%