• Home
  • Sport
  • T20 WB: Titelhouer Engeland teen vreeslose Namibië

T20 WB: Titelhouer Engeland teen vreeslose Namibië

Krieket
Engeland het die vorige T20-wêreldtoernooi in 2022 in Australië gewen.
Tielman Van Lill
Die Engelse Krieketraad (ECB) het sy voorlopige groep van vyftien spelers aangekondig om by die T20-Wêreldbeker in Wes-Indië die titel te verdedig wat hulle in 2022 gewen het.

Engeland is saam met Australië, Namibië, Oman en Skotland in Groep B vir die T20-Wêreldbeker geplaas wat vroeg aanstaande maand begin en waarvan Wes-Indië en die VSA as medegasheerlande optree.

Kaptein Jos Buttler se span bevat tien lede van die span wat geskiedenis gemaak het as die eerste wat gelyktydig die Wêreldbeker-trofeë in beide die beperkte formate gehou het.

Volgens die ECB kan die groep gewysig word ná die Engelse se vier internasionale T20-wedstryde (T20i’s) teen Pakistan wat op 22 Mei by Leeds in Engeland begin.

Ben Stokes, die gedugte kaptein van die toetsspan, het versoek om nie vir die T20-skpuspel oorweeg te word nie terwyl hy van 'n besering herstel.

Die bouler Tom Hartley is die enigste groeplid sonder vorige T20i-ondervinding. Of Hartley sy tasse vir Barbados gaan pak, sal van sy vertoning teen Pakistan afhang.

Die snelbouler Jofra Archer het weens ‘n besering meer as ‘n jaar laas topkrieket gespeel. Archer het van ‘n besering aan sy regter-elmboog herstel en is deel van die groep. Sy laaste verskyning op hierdie vlak was in Maart verlede jaar tydens Engeland se toer na Bangladesj.

Kaptein Jos Buttler, Jonny Bairstow, Moeen Ali, Chris Jordan en Adil Rashid is die mees ervare spelers in die groep. Engeland se vertoning as heersende titelhouer by die 2023 Wêreldbeker in die eendagformaat in Indië, was om die minste te sê, louwarm.

Maar die T20-dissipline is ‘n ander koppie tee.

Engeland, aangevoer deur Buttler in Indië, het in die groepronde deur Nieu-Seeland (met nege paaltjies), Afghanistan (met 69 lopies), Suid-Afrika (229 lopies), Sri Lanka (agt paaltjies), Indië (100 lopies) en Australië (33 lopies) verloor.

Hulle kon wel Bangladesj (137 lopies), Nederland (160 lopies) en Pakistan (93 lopies) klop.

Die groep bestaan uit ses spesialisboulers met Adil Rashid, Archer, Chris Jordan, Hartley, Mark Wood en Reece Topley as die vernaamste boulopsies. Sonder Hartley deel die vyftal boulers 294 slagoffers tussen hulle in T20i’s.

Engeland se topkolwers is Buttler, Bairstow, Ali, Phil Salt, Harry Brook en Ben Duckett. Duckett het nog net twaalf T20i’s agter die blad, maar kolf reeds teen gemiddeld 31.5 lopies per kolfbeurt. Die spesialisboulers sal ewe behendig deur veelsydige spelers soos Sam Curran, Will Jacks en Liam Livingstone met die bal in die hand ondersteun word.

Die Engelse se algemene kolfwerk moet vir hulle ‘n bron van kommer wees.

Die gekose spanlede deel 655 T20i’s tussen hulle met 8 727 lopies wat hulle van 6 146 balle teen ‘n treftempo van byna 142 persent in 468 kolfbeurte geslaan het.

Hulle teken 8 727 lopies aan, terwyl sy boulers 10 382 afstaan. In hedendaagse kitskrieket moet die somme omgekeerd werk.

Soos Australië is die Engelse se T20i-treftempo per bal bo die 140-persentgrens.

Die Engelse se boulaanval lyk volgens die statistiek effens tandloos. Hulle het 407 paaltjies vir 10 382 lopies in 1 280 boulbeurte teen ‘n ekonomie van 8.11 per boulbeurt platgetrek.



Spanstatistieke

Kaptein, Jos Buttler (114 T20i’s, 2 927 lopies van 2 024 balle in 105 boulbeurte teen 34.84 per kolfbeurt, treftempo 144.61 persent).

Phil Salt (21, 639 van 385 b in 20 t 35.5, 165.97%).

Ben Duckett (12, 315 van 217 b in 12 t 31.5, 145.16%).

Jonathan Bairstow (70, 1 512 van 1 099 b in 64 t 29.64, 137.57%).

Harry Brook (29, 544 van 376 b in 26 t 27.2, 144.68%).

Liam Livingstone (38, 617 van 412 b in 32 t 24.68, 149.75%), (18/549 in 63, ekon. 8.71).

Moeen Ali (82, 1 154 van 805 b in 69 t 22.19, 143.35%), (45/1 262 in 152, ekon. 8.33).

Will Jacks (11, 181 van 121 b in 11 t 16.45, 149.58%), (1/19 in 2, ekon. 9.5).

Chris Jordan (88, 434 van 329 b in 54 t 14.46, 131.91%), (96/2 658 in 305, ekon. 8.72).

Sam Curran (46, 260 van 219 b in 28 t 13, 118.72%), (49/1 159 in 145, ekon. 8).

Jofra Archer (15, 19 van 11 b in 3 t 9.5, 172.72%), (18/444 in 58, ekon. 7.65).

Reece Topley (25, 13 van 16 b in 8 t 6.5, 81.25%), (28/735 in 90, ekon. 8.19).

Adil Rashid (104, 101 van 119 b in 33 t 5.94, 84.87%), (107/2 698 in 365, ekon. 7.38).

Mark Wood (28, 11 van 13 b in 3 t 3.66, 84.61%), (45/831 in 100, ekon. 8.35).

Tom Hartley (geen vorige T20i’s).

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-07-07

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A