• Home
  • Sport
  • Oman is Namibië se eerste hekkie

Oman is Namibië se eerste hekkie

Krieket
Die Richelieu Eagles se eerste doelwit by die T20-Wêreldbeker sal wees om Oman op 2 Junie te bêre, voordat Skotland vier dae later wag.
Tielman Van Lill
Toe Oman onlangs sy T20-Wêreldbekergroep van 15 spelers aangewys het, is Aqib Ilyas as hul nuwe kaptein onthul.

Ilyas (31) vervang Zeeshan Maqsood wat die span sedert die 2016 T20-Wêreldbeker aangevoer het. Die 36-jarige Maqsood is as steunpilaar steeds deel van die span.

Andersins was die keurders konsekwent in hul spankeuse. Die buiteperd Shoaib Khan is die enigste speler wat tydens die 2024 ACC-premierbeker in April nie deel van die span was nie en vir die uitsoektoernooi gekies is.

Die bedrewe aanvangskolwer Jatinder Singh en die draaibalbouler Samay Shrivastav kon nie 'n plek in die 15-tal kry nie. Hulle is wel deel van die reserwes op bystand, saam met Sufyan Mehmood en Jay Odedra.

Hoewel die spesialiskolwer, Khalid Kail, nog net 228 lopies in elf internasionale T20-kolfbeurte behaal het, is hy die enigste Oman-kolwer wat teen gemiddeld meer as 30 per kolfbeurt en ‘n tempo van 120 persent sy lopies kon jaag.

Sy kaptein Aqib Ilyas met 29.4 en 125.5% is die naaste aan hom.

Dit is onseker waarin die kolflys Kail ingespan gaan word. Die voorkeur-aanvangspaar is moontlik Kashyap Prajapati en Muhammad Naseem Khushi. Ilyas en Maqsood kan onderskeidelik op nommer drie en vier instap, terwyl Pratik Athavale en Ayaan Khan die middelorde anker.

Kail is nie verniet gekies nie en sal in hul opwarmwedstryde in Wes-Indië getoets word. Hy kan moontlik ‘n verrassing opdis en onder die topvier kolwers gebruik word.

Die strydros Bilal Khan wat bekend vir sy bedrewenheid met streepballe is, sal beslis die boulaanval loods. Die naatboulers Kaleemullah en Fayyaz Butt sal vir broodnodige spoed die Wes-Indiese kolfblaaie benut. Die vingerdraaier Shakeel Ahmed asook Maqsood kan met vrug as aflosboulers ingespan word.

Oman is op enige dag ‘n moeilike kalant, maar is ook bekend vir sy wisselvallige sukseskoers, veral wanneer hy onder druk geplaas word. Die span is met sewe spesialisboulers gelaai, terwyl veelsydige spelers en die topkolwers die telbord aan die gang moet hou.

Oman sou waarskynlik met ‘n hoorbare sug van verligting op Nicol Loftie-Eaton se weglating uit die Namibiese toerspan gereageer het. Loftie-Eaton se vermoë met die kolf, veral met die gebruik van sy gewrig om snelboulers rond te jaag, en as draaibalbouler bring ‘n ander dimensie.

Ná die hoogtepunt van Loftie-Eaton se wêreldrekord vir die vinnigste honderdtal in ‘n T20i (van 33 balle, teen Nepal in Kirtipur in Februarie vanjaar) is oral van hom kennis geneem.

Op papier vergelyk die Eagles goed met Oman. Namibië het vier uit ses internasionale T20-wedstryde teen Oman gewen.

Afgesien van die reeks in Al Amarat vroeg in Aprilmaand wat Gerhard Erasmus en sy manne met 3-2 gewen het, was JJ Smit (59 van 25 en 2/12) die speler van die wedstryd in ‘n allerbelangrike kwalifiserende WB-ontmoeting in Dubai in Oktober 2019, waarin hy sy vyftigtal van net 21 balle gemoker het, met uiteindelik vyf sesse en drie viere.

Statistieke bied wel ‘n aanduiding van ‘n span se talent, maar die uitslag op die groot dag wanneer dié twee spanne weer ontmoet, is al wat sal tel.



Oman-spelers se T20i-statistiek

As span (572 T20i-wedstryde): 6 574 lopies van 5 387 balle in 399 kolfbeurte teen ‘n treftempo van 122% en 18.55 lopies per paaltjie. Sy boulers het 348 paaltjies vir 7 852 lopies in 1 117 boulbeurte ingeoes en vaar ekonomies teen 7.02 per boulbeurt. Hulle staan 22.56 lopies per paaltjie af.

Kaptein, Aqib Ilyas (48 T20i’s, 1 176 lopies van 937 balle in 47 kolfbeurte teen gemiddeld 29.4 lopies per kolfbeurt en ‘n treftempo van 125.5 persent), (37 paaltjies vir 575 lopies in in 96 boulbeurte, ekonomie 5.92 lopies per boulbeurt).

Khalid Kail (13, 228 van 188 b in 11 bb t 32.57, 121.27%).

Zeeshan Maqsood (65, 1 295 van 1 062 b in 54 bb t 28.77, 121.93%), (48/1 063 in 162, ekon. 6.54).

Pratik Athavale (15, 278 van 219 b in 12 bb t 25.27, 126.94%).

Kashyap Prajapati (41, 812 van 731 b in 40 bb t 23.2, 111.08%), (0/19 in 1.2, ekon 14.25).

Muhammad Naseem Khushi (49, 680 van 427 b in 37 bb t 20, 159.25%).

Ayaan Khan (35, 505 van 448 b in 31 bb t 18.70, 112.72%), (7/396 in 52, ekon. 7.61).

Mohammad Nadeem (52, 483 van 427 b in 35 bb t 18.57, 113.11%), (30/914 in 123, ekon. 7.43).

Shoaib Khan (22, 266 van 235 b in 21 bb t 17.73, 113.19%).

Rafiullah (27, 281 van 160 b in 21 bb t 15.61, 175.62%), (12/456 in 48, ekon. 9.5).

Fayyaz But (43, 124 van 123 b in 18 bb t 13.77, 100.81%), (45/1 077 in 139, ekon. 7.77).

Mehran Khan (37, 261 van 232 b in 28 bb t 11.34, 112.5%), (25/467 in 69, ekon. 6.76).

Shakeel Ahmed (16, 63 van 67 b in 8 bb t 10.5, 94%), (12/325 in 49, ekon. 6.63).

Kaleemullah (34, 96 van 84 b in 14 bb t 9.6, 114.28%), (26/750 in 107, ekon. 7).

Bilal Khan (75, 26 van 47 b in 22 bb t 3.25, 55.31%), (106/1 810 in 271, ekon. 6.68).

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-09-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.58 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.56 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.56 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 612.39/OZ UP +0.97% | Copper US$ 4.33/lb UP +0.27% | Zinc US$ 2 924.80/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 74.45/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 986.30/OZ UP +0.37% Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Weather: Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.58 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.56 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.56 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 612.39/OZ UP +0.97% | Copper US$ 4.33/lb UP +0.27% | Zinc US$ 2 924.80/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 74.45/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 986.30/OZ UP +0.37%