• Home
  • Sport
  • CCD Tigers vat voortou ná twee seges

CCD Tigers vat voortou ná twee seges

Krieket
Die oranje span CCD Tigers het die liga met oorwinnings teen United en Wanderers afgeskop.
Tielman Van Lill
Krieket Namibië se eendagpremierliga het die afgelope naweek die nuwe jaar met vier wedstryde by United en Wanderers in die hoofstad afgeskop.

CCD Tigers het ietwat verrassend as die enigste onoorwonne span en vroeë voorloper na vore getree, met ‘n waardevolle oorwinning teen APS Wanderers, terwyl ATG WHS Old Boys twee keer verloor het en onderaan die puntelys is.

In die vier kragmetings is 1 431 lopies vir die verlies van 57 paaltjies aangeteken en in die proses is 99 viere asook 35 sesse in 312 boulbeurte geslaan.



SATERDAG BY WANDERERS

APS Wanderers met 303 vir die verlies van 4 paaltjies in 50 boulbeurte wen met 112 lopies teen ATG WHS Old Boys (191 almal uit in 40.5).

Wanderers se twee topkolwers Lo-han Louwrens (112 van 123 balle, 8x4, 5x6) en JJ Smit (103 nie uit nie van 119 b, 5x4, 4x6) se 196-vennootskap het op 38/2 begin en is op 234/3 beëindig.

Aan Old Boys se kant het Dylan Leicher (36 van 43 b, 2x4, 2x6) en Adriaan Coetzee (34 van 47 b, 2x4, 1x6) die beste gekolf.

Topboulers vir Wanderers was PD Blignaut (4/43 in 10 boulbeurte, ekonomie 4.3 per boulbeurt) en JC Balt (2/26 in 8, ekon. 3.25). Shaun Fouché van Old Boys het 2/48 in 10 geneem.

Die speler van die wedstryd was Lo-han Louwrens.



SATERDAG BY UNITED

CCD Tigers teken 158/2 in 35.2 aan en wen met agt paaltjies teen Trustco United wat vir 156 in 39.1 uitgeboul was.

Topkolwers vir Tigers was Ramon Wilmot (72* van 105 b, 7x4, 1x6) en Joshuan Julius (46, 91 b, 5x4), voordat Erich von Molendorff vir United met 69 van 99 b (3x4, 4x6) teruggeveg het.

Tigers se drietal topboulers was Junior Kariata (3/19 in 9.1, ekon. 2.07), Mauritius Ngupita (3/27 in 10, ekon. 2.7), Nicol Loftie-Eaton (3/47 in 10, ekon. 4.7). Handré Klazinga van United neem 1/39 in 9 (ekon. 4.33).

Speler van die wedstryd: Nicol Loftie-Eaton (CCD).



SONDAG BY UNITED

United (106/2 in 25.4) klop Old Boys (105 almal uit in 31.4) met agt paaltjies.

United se topkolwers was Zane Green (57 van 73 b, 6x4, 2x6) en Erich von Molendorff (24* van 59 b, 2x4). Old Boys se Jack Brassell het 14 van 38 b (2x4) aangeteken.

Topboulers vir United was Fortune Matawu (3/16 in 9, ekon. 1.78) en Erik Lintvelt (2/20 in 7.4, ekon. 2.61). Jack Brassell van Old Boys neem 1/16 in 4 (ekon. 4).

Speler van die wedstryd: Fortune Matawu (CCD).



SONDAG BY WANDERERS

CCD Tigers (221/9 in 50) klop Wanderers (191 almal uit in 39.2) met 30 lopies.

Topkolwers vir Tigers was Nicol Loftie-Eaton (62 van 67 b, 3x4, 3x6) en Simon Shikongo (50, 49 b, 8x4). Wanderers se weerstand is tot JJ Smit (72 van 89 b, 5x4, 3x6) en Niko Davin (44 van 29 b, 8x4) beperk.

Topboulers vir Tigers was Salomon Nuuyoma (4/40 in 7.1, ekon. 5.45) en Junior Kariata (3/44 in 8, ekon. 5.5). Wanderers se voorste boulers was JC Balt (2/45 in 10) en Karl Birkenstock (2/41 in 8).

Die speler van die wedstryd is nie aangedui nie.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2025-01-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!