’n Turksvydoring in droogte se vlees
Maak dit deel van jou voerproduksie
'n Dosent verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat sal in Julie vanjaar boeredae in Namibië aanbied oor die aanplanting van turksvye as 'n droogtebestande gewas.
Midde groeiende belangstelling onder Namibiese boere in die aanplanting van turksvye as ’n droogtebestande voergewas, meen die voorste navorser van turksvye dat dit uitstekend onder Namibiese toestande sal vaar.
“As ek ’n Namibiese boer was, het ek dit gedoen,” het dr. Herman Fouché, ’n dosent verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se fakulteit natuur- en landbouwetenskappe aan AgriMonitor gesê.
Fouché sal in Julie vanjaar boeredae in Namibië aanbied oor die aanplanting van turksvye as ’n droogtebestande gewas.
Hy is bekend vir sy navorsing oor turksvye se potensiaal. Turksvye kan hoogs doeltreffend geproduseer word, selfs met uiters min water. Dit word as ’n energievoer benut wat die plek van ander bronne van energie in veerantsoene, soos mielies en molasse, oorneem.
Die bekende Namibiese veteraan-weidingskundige Bertus Kruger, stem saam dat turksvye ’n reusepotensiaal vir Namibië inhou.
“In ons droër streke soos die Kunene, Omusati en Damaraland kan daar nie werklik gras as veevoer geplant word nie en bied hierdie ’n goeie alternatief as ’n droogtebestande gewas,” sê Kruger.
Terwyl daar nog in ’n mindere mate met turksvye in Namibië geboer word, het Suid-Afrikaanse boere onlangs ’n eie turksvyvereniging gestig, met sy lede wat met turksvye in die Vrystaat, Noord-Kaap en dele van die Wes-Kaap boer.
PLANT IN GOEIE TYE
Fouché sê dit is te laat om turksvye te plant as daar reeds ’n droogte is.
“As dit reën, vergeet boere dat hulle turksvye wou plant. Dit neem sowat twee tot drie jaar vir turksvyplante om in produksie te kom. Die beste tyd om dit te plant is voor die toestande begin verander. As die droogte kom, is jou turksvye gevestig.
“Dit is ’n gewas wat goed aangepas is om droogtetoestande te hanteer. Sy vermoë om water doeltreffend te verbruik, is goed – hy gebruik min water om baie materiaal te produseer,” verduidelik Fouché.
“Turksvye word egter al vir jare as ’n droogtebestande voergewas beskou. Ons wil wegbeweeg van die gedagte af. Mense verwaarloos turksvye en skielik as daar ’n droogte is, verwag hulle dat die gewas moet produseer.
“Ons moet dit eerder deel van ’n voerproduksiestelsel maak – dit moet elke jaar vir jou voer produseer. As ’n droogte kom, het jy reeds die gewas en is dit in ’n goeie toestand – dus kan dit vir jou die beste produksie lewer,” sê Fouché.
Hy sê droë, verwaarloosde turksvye soos dié wat in die Karoo staan, sal waarskynlik niks meer as sowat 3 ton droë materiaal per hektaar (ha) lewer nie. Daarteenoor kan goed versorgde turksvye tussen 20 en 30 ton droë materiaal per ha bied, of tussen 200 en 300 ton nat materiaal.
“Die Brasiliane, wat intensiewe boerderystelsels bedryf, maak aanspraak daarop dat hulle tot 800 ton nat materiaal, of 80 ton droë materiaal per ha produseer. Dit is natuurlik onder ideale omstandighede,” sê hy.
“Daar is egter iets wat ’n mens moet verstaan. Al is dit ’n droogtebestande gewas, is oorlewing iets heeltemal anders as om produktief te wees,” het Fouché gesê.
Hy het vertel van proewe waar hulle turksvye vir twee jaar in ’n kweekhuis gehou het sonder ’n druppel water. Ten spyte daarvan dat die temperatuur tot 50 grade Celsius in die kweekhuis bereik het, het van die turksvye steeds oorleef.
“’n Turksvy kan dus op enige plek oorleef, maar ons wil hê dit moet ook kan produseer, veral in droogtejare. Hoe beter die toestande is wat jy vir die gewas skep, soos om dit in goeie grond te plant en te versorg, hoe meer gaan dit produseer wanneer dit droog raak.”
VOEDINGSWAARDE
Fouché sê turksvye is ’n energiebron vir vee, soos wat mielies is.
“Dit bevat sowat 70% van die energiewaarde van mielies,” verduidelik hy.
“Dit is egter nie ’n goeie proteïenbron nie – net sowat 4% tot 5% daarvan is proteïene.
“As jy dit vermeng met ander voer, kan jy spaar op mielies – iets wat nou baie duur geraak het. Jy kan ook spaar op ander energievoere soos byvoorbeeld melasse. Dit is ’n fout om dit te gebruik en steeds mielies in die voer te plaas – dan het jy ’n ooraanbod van energie,” sê hy.
“Jy kan die blare oes en net so vir die diere gee; jy kan dit ook kerf sodat dit beter benut word; of jy kan die gekerfde materiaal uitdroog en berg. Dus kan jy ’n voerbank vir die droogte opbou.
“Die Brasiliane meng dit byvoorbeeld helfte-helfte met suikerriet en maak ’n uitstekende kuilvoer daarmee. Jy kan ook ’n kuilvoer van die sap van die vrugte maak. Daar is baie opsies – mense kan dit natuurlik ook eet en dan word dit in verskeie nywerhede gebruik,” vertel hy.
Fouché sê alle turksvye het fyn dorings.
“Die ‘doringlose’ soort verwys na dié sonder lang dorings, maar almal het fyn dorings. Die fyn dorings benadeel nie die vee nie.
“Wetgewing verplig ons om met die ‘doringlose’ soort te boer. Die vee vreet nie dié met lang dorings nie, en dan begin hulle vervuil. Hulle is net so smaaklik, maar ontoeganklik vir vee,” sê hy.
BOEREDAE
Fouché bied tussen 10 en 15 Julie vanjaar ’n reeks landboudae in Namibië aan oor die kweek van turskvye as ’n droogtebestande voergewas. Dit is op uitnodiging van die Namibië Landbou-unie (NLU) se president, Piet Gouws.
“Die landboudae sal op die Maandag en Dinsdag (10 en 11 Julie) op Kamanjab aangebied word, dan op Otjikondo op die Woensdag (11 en 12 Julie) en die Donderdag (13 Julie) by Biermanskool, gevolg deur die Vrydag en Saterdag (14 en 15 Julie) op Excelsior.
“Die tema is droogtebestande voer en die benutting van turksvye,” sê hy.
WEIDINGSKUNDIGE
Kruger sê dit beteken Namibiese boere sal die gewas anders as vantevore moet benader.
Hy sê dit sal nie net meer “uitgegooi en vergeet” kan word om te groei, soos dit nog altyd op plase gedoen is nie.
“Doen dit op ’n wetenskaplike manier, soos jy mielies sal plant. Berei die grond voor. Jy kan ’n goeie produksie hê.
“Een van die dinge wat ons regering graag wil bevorder, is die aanplanting van droogtebestande voergewasse. Turksvye sal ’n uitstekende opsie wees, veral in ons droër noordwestelike dele en in die kommunale gebiede waar ek werk,” meen Kruger.
Hy sê daar is baie voorstelle dat gras in droër dele aangeplant moet word om die beskikbaarheid van veevoer te verbeter.
Kruger sê hy is nie bekommerd daaroor dat turksvye sal vervuil nie. “Ek hoor al vandat ek ’n kind is dat dit sal vervuil, maar het dit nog nooit gesien nie. As dit wel in die droë dele van ons land vervuil, kan dit dalk net ’n voordeel wees, want dan is daar altyd kos vir die vee beskikbaar,” meen hy.
– [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article