Renostervoëls – vriend of vyand vir gasheer?
Geniet glo ‘bed-en-ontbyt’ op ander
Die algemene aanname is dat renostervoëls 'n simbiotiese verhouding het met die gasheerdier waarop hulle hulself tuismaak en beide partye voordele uit die 'verhouding' geniet.
Elvira Hattingh
Renostervoëls laat bykans nooit hul gashere met rus nie en sal selfs snags op hulle rûe sit en slaap. Sommige kenners voer selfs aan dié voëls, wat hoofsaaklik die bosluise op soogdiere vreet, kan dalk self parasiete wees.
Dit omdat hulle wonde wat deur bosluise veroorsaak word, dikwels kan oopmaak of vererger.
Die Universiteit van Namibië (Unam) verduidelik in ’n artikel deur Michael Lukubwe dat daar twee verskillende renostervoëls in Afrikalande suid van die Sahara is; naamlik die rooibekrenostervoël (Buphagus erythrorhynchus) en die geelbekrenostervoël (Buphagus africanus).
Die aanname is dikwels dat renostervoëls ’n simbiotiese verhouding het met die gasheer-dier waarop hulle hulself tuismaak en beide partye voordele uit die “verhouding” geniet, verduidelik die artikel.
Die renostervoëls eet die bosluise op die gasheer, terwyl die gasheer op die beurt weer ontslae kan raak van hierdie parasiete - wat tot die voordeel van beide diere strek.
Die feit dat die renostervoëls egter - net soos bosluise - wonde op die gasheer oopmaak of vererger, het al tot bewerings gelei dat hulle op sigself ook parasiete is. Die presiese manier waarop renostervoëls en hul gashere interaksie het bly ’n onderwerp waaroor daar baie gedebatteer word.
Studies het egter bevestig dat die geelbekrenostervoël - anders as die rooibekrenostervoël - nooit hul gashere in vrede laat nie. Hulle sal slegs padgee as daar ’n voortdurende versteuring is, maar weer kort daarna na die gasheer terugkeur, verduidelik Lukubwe.
ONTDEKKING
In 2018 het wetenskaplikes ’n besonderse ontdekking in Tanzanië se Serengeti Nasionale Park gemaak. Hulle het kameras in die bos opgestel en renostervoëls afgeneem wat snags op kameelperde se rûe sit en slaap het. Dit het hulle tot die slotsom gebring dat ’n renostervoël se gasheer “bed-en-ontbyt”-dienste verleen, skryf Lukubwe.
Die renostervoëls oornag op hul gasheer en word vroeg soggens “van ontbyt voorsien” in die vorm van vars bosluise en ander parasiete.
Dit help die renostervoëls om tyd en energie te bespaar deurdat hulle nie elke oggend na ’n nuwe gasheer hoef te soek nie. Bedags sit hulle op hul gasheer se rug, sluimer in en word na watergate geneem waar hulle hul dors kan les.
Die renostervoëls se hoofbron van voedsel is bosluise. Tog vorm dooie dierevel, bloed, trane, sweet en slym van groot soogdiere ook deel van hul dieet.
Lukubwe verduidelik sy nuuskierigheid oor renostervoëls het oor die jare heen net gegroei. “Dienooreenkomstig het ek oor verskeie naweke oor ’n tydperk van drie jaar kameras in die Salambala-bewaringsgebied in die noordooste van Namibië opgestel met die hoop om van hulle af te neem.
“Ons was onsuksesvol, tot in 2022, toe ons ’n deurbraak gemaak het.
“Dit was eintlik een van my Msc-studente wat ’n projek oor luiperds in die Bwabwata Nasionale Park gedoen het. Op een van die foto’s wat op sy opgestelde kamera vasgevang is, is ’n bastergemsbok afgeneem met renostervoëls wat op sy nek sit. Hy het vir my die foto gestuur en die voëls is as geelbekrenostervoëls geïdentifiseer.
“Hierdie is noodsaaklike inligting vir die ekologie en bewaring van die geelbekrenostervoël, wat volgens navorsers op die rand van uitsterwing is,” het Lukubwe verduidelik.
BROEITYD
Die geelbekrenostervoël lê eiers in neste in bome.
Hulle maak van natuurlike holtes gebruik – dikwels dié wat deur ander voëls soos houtkappertjies geskep is, en maak ’n nes met gras, dieremis en -hare.
Tydens die paarseisoen pluk hulle gewoonlik die hare van hul gashere vir die neste – gewoonlik gashere met hoewe, sê Lukubwe.
In die Salambala-bewaringsgebied word renostervoëls dikwels gesien waar hulle bedags op beeste sit asook op tien ander hoefdiere. Dit sluit in buffels, duikers, kameelperde, impalas, koedoes, rooboikke, wildebeeste, vlakvarke, sebras asook seekoeie.
Die diere in die park migreer seisoenaal tussen Namibië en Botswana.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article