Om te GMO of nié
Produkte moet geëtiketteer word
'n Praatjie is onlangs gehou oor die benutting van GMO's – asook die kontroversie en openbare angstigheid wat daaroor heers.
Verbruikers is wêreldwyd glo bereid om meer te betaal vir kos wat nie geneties aangepaste gewasse (GMO’s) bevat nie.
Inteendeel, ’n opname in 2022 het bewys GMO-etikette op produkte verminder die belangrikheid wat mense op die prys van produkte plaas en vergroot hul bereidwilligheid om vir produkte wat nie GMO bevat nie, te betaal.
Dit volgens prof. Ahmed Cheikhyoussef, ’n medenavorser verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam) se multidissiplinêre navorsingsdiens. Hy was onlangs een van die sprekers oor GMO-produkte wat deur Unam aangebied is.
Die onderwerp was die benutting van GMO’s – asook die kontroversie en openbare angstigheid wat daaroor heers.
Cheikhyoussef sê verder – in nog ’n opname in 2022 van produkte op Namibiese markte – is die teenwoordigheid van GMO-bestanddele in verskeie plaaslike produkte gevind. Hy sê die doel van die studie dui daarop dit is noodsaaklik dat produkte behoorlik gemerk word, sodat mense weet wat hulle eet.
“As die wêreld verdeeld bly oor die regulering van GMO, is daar ’n risiko dat dit binnekort deel van ons voedselketting kan word, met potensiële risiko’s.
“’n Groot behoefte bestaan aan multisektorale samewerking oor die GMO’s, sodat die produkte veiliger vir almal kan raak en plaaslike verbruikers ingeligte keuses kan maak om dit te eet, of nie,” het hy gesê.
Produkte wat GMO’s bevat, is nog altyd wettig op die Namibiese voedselmark, hoewel dit ingevolge die Wet op Bioveiligheid van 2006 se nuwe regulasies gereguleer word. Dit beteken enige ondernemings wat GMO-produkte wil invoer, moet vir ’n permit by die Nasionale Raad vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST) aansoek doen. Terselfdertyd kan GMO’s nie ingevoer word om te plant nie.
Cheikhyoussef het verduidelik Namibië het ’n laboratorium begin om vir GMO-produkte te kan toets. Dit is die eerste van sy soort in Suider-Afrika.
Die gebruik en toepassing van GMO-produkte groei egter wêreldwyd en die tegnologie word selfs in die mediese wêreld benut, waar belowende vooruitgang gemaak word.
Wêreldwyd word al hoe meer gewasse gebruik wat geneties aangepas is, aangesien dit voordele bied, soos dit het minder energie nodig om te groei, dit is bestand teen siektes en lei tot minder vermorsing van voedsel en groter oeste.
DEFINISIE
Dr. Fimanekeni Shivuta, ’n navorser verbonde aan Unam se multidissiplinêre navorsingsdiens, het verduidelik GMO’s ontstaan met behulp van ’n spesiale stel van genetiese tegnologie, wat gebruik word in die genetiese opstelling van lewende organismes, soos om plante of mikro-organismes aan te pas. Die resultaat is ’n geneties aangepaste of -ingenieurde organisme.
Dit word meestal in ’n laboratorium gedoen met die doel om aan byvoorbeeld plante verbeterde eienskappe te verleen vir beter produktiwiteit of hoër produksie.
Shivute het verduidelik daar is ’n behoefte aan GMO-produkte aangesien mense in veral ontwikkelde lande kos van hoë gehalte soek, wat veilig is, ’n natuurlike geur het, maklik is om te hanteer en ’n langer raklewe het. Hulle is ook op soek na maniere om armoede te verlig en seker te maak kos is wêreldwyd beskikbaar. Die doel van GMO’s is ook dat genoegsame, bekostigbare kos met ’n hoë voedingswaarde beskikbaar sal wees.
FAO Sê
Die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbouorganisasie (FAO) het egter verlede jaar ’n inligtingstuk uitgereik waarin gesê is die voordele van GMO-produkte weeg swaarder as die risiko.
“Ons kan daarvan seker wees dat gewasse wat geneties aangepas is en wat goedgekeur word, veilig is en voortdurend gemonitor word.
Vandag plant meer as 17 miljoen boere gewasse wat geneties aangepas is in meer as 29 lande – en hulle pluk die voordele daarvan, naamlik om groter oeste te kan behaal met minder pesdoders en die feit dat onkruid makliker beheer kan word.
Die FAO erken dié gewasse is ’n nuwe toevoeging tot die variëteite van gewasse, wat ontwikkel is deur teelprogramme, seleksie en mutasies.
“Gegewe die feit dat dit nuut is, is die publiek, wetenskaplikes en reguleerders bekommerd oor die veiligheid van die gewasse. Potensiële risiko’s sluit in dat peste weerstandig kan raak, die gewasse soos onkruid kan versprei of hoe veilig dit vir mens en dier is.
“Die kwessies word egter breedvoerig bestudeer, wat daartoe lei dat risiko’s wetenskaplik geëvalueer is en bestuur word – vir die veiligheid van mense, diere asook die omgewing,” het die FAO geskryf.
– [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article