In hul jongste nuusbrief sê die NLU dat daar tans nie marknavorsing beskikbaar is oor die beskerming en ontwikkeling van die plaaslike heuningbedryf nie. FOTO PIXABAY.COM
In hul jongste nuusbrief sê die NLU dat daar tans nie marknavorsing beskikbaar is oor die beskerming en ontwikkeling van die plaaslike heuningbedryf nie. FOTO PIXABAY.COM

Heuninginvoere ’n bedreiging

Beskerm ons bedryf, vra byeboere
Byeboere is bekommerd oor Zambiese heuning wat plaaslik verkoop word, maar in buurlande verban is omdat dit moontlik 'n bakteriese siekte versprei, terwyl sintetiese heuning van China glo ook hierheen op pad is.
Elvira Hattingh
Terwyl die Byeboerderyvereniging van Namibië (Ban) onlangs nuut onder die Namibië Landbou-unie (NLU) geaffilieer is, het byeboere ’n dringende pleidooi vir die statutêre beskerming en ondersteuning van die bedryf gerig.

In hul jongste nuusbrief sê die NLU daar is tans nie marknavorsing beskikbaar oor die beskerming en ontwikkeling van die plaaslike heuningbedryf nie.

“Die plaaslike vraag na rou Namibiese heuning is groot, maar winkels word met ingevoerde heuning van oraloor die wêreld oorstroom. “Sintetiese heuning uit China staan in Suid-Afrikaanse-hawens in dromme gemerk ‘in transit to Namibia’, wat kommer wek oor standaarde asook gesondheid en veiligheid,” sê Ban in die nuusbrief.

“’n Drastiese toename word in heuningbotteleringsaanlegte opgemerk, wat tans aan geen regulerings- of toetsvereistes hoef te voldoen nie.

“Nog meer onrusbarend is dat Zambiese heuning – wat tans in buurlande verbied word weens die teenwoordigheid van die dodelike bakteriese siekte American Foulbrood – plaaslike markte oorstroom.

“Ons kan enigiets doen om die bedryf te bevorder, maar sonder beskerming of regulering is dit alles tevergeefs. Wette moet dringend verander word en die bedryf moet statutêre ondersteuning kry,” sê Ban.



AFFILIASIE

Die nuwe affiliasie kom egter nadat dit geblyk het dat daar ’n groot behoefte aan ’n Namibiese byebedryf is.

Ban sê byeboere kan nie voorbly met versoeke vir bestuiwing, heuning en bye nie.

“Navrae vir meer inligting oor bye, hulp met die verwydering van byeneste asook algemene inligting en innoverende idees en voorstelle hou ons besig,” word gesê.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het Ban reeds twee jaar gelede tydens ’n vergadering gestig. Intussen het dit ontwikkel tot die eerste geregistreerde nasionale organisasie vir byekunde in Namibië.

Byeboerdery bestaan egter al langer as 100 jaar in Namibië, met beide tradisionele en moderne byeboerderymetodes wat plaaslik beoefen word. Sommige van die wette oor byeboerdery (nou herroep) en dokumente dateer terug na 1911 en 1923.

Ban is ’n vrywillige, niewinsgewende burgerlike organisasie met al die wetlike en finansiële registrasievereistes en dokumentasie in plek. Ban se sekretariaat, streekverteenwoordigers en komitees is reeds op die been gebring en werk as onafhanklike spanne wat terugvoering oor byeboere se behoeftes gee.



NAMIBIESE HEUNING

Ban sê tans is daar groot belangstelling in enige plaaslike produkte. Dienooreenkomstig bestaan ’n behoefte om die heuningmark en verwante produkte te ontwikkel.

“Namibië het talle bekende medisinale plante, wat ook goed is vir bye. Sommige Namibiese heuning vergelyk goed met Manuka-heuning (bekend as van die beste heuning in die wêreld, wat dikwels as ’n maatstaf vir graderings gebruik word).

Ban sê sy visie is om ’n toonaangewende voorbeeld van herlewingslandbou in die land te wees. Dit sal gedoen word deur gebruik te maak van interaktiewe, praktiese programme en beleide wat alle aspekte van byekunde ondersteun, veral as dit by die omgewing, bewaring en voedselsekerheid kom.

“Ons ondersteun innoverende benaderings, veral daar waar die jeug programme beplan, ontwikkel, koördineer en fasiliteer. Dit is vir ons belangrik om ’n bemagtigende omgewing in Namibië te bevorder, met praktiese opleiding en diverse navorsing, wat belanghebbendes verbind . . .” het Ban gesê.

“Om byeboerdery en beter omgewingspraktyke te ontwikkel deur 'n omvattende benadering te volg, kan ons ’n beduidende bydrae tot bewaring, optimale benutting en volhoubaarheid van natuurlike hulpbronne lewer, terwyl ons verskeie huidige ekonomiese en maatskaplike uitdagings wil takel.”

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-07-07

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A