Die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, het verlede week boere op Grootfontein toegespreek. FOTO VERSKAF.
Die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, het verlede week boere op Grootfontein toegespreek. FOTO VERSKAF.

Groenskemas kan Namibië selfvoorsienend maak

Landbouminister: Land moet vleisverwerking uitbrei
Namibië het genoeg plaaslike kennis en kapitaal om die groenskemas te laat floreer, maar die beesbedryf is in die moeilikheid, meen landbouministrer Calle Schlettwein.
Elvira Hattingh
“As al die land se groenskemas produktief is en selfs net tien ton per ha kan produseer, het ons ‘n surplus van grane.

“Dit is nog sónder om die gewasse in berekening te bring wat Namibië op droëland produseer. Dit is die potensiaal waarmee ons sit.”

Só het die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, die verlede week aan boere op Grootfontein gesê. Die vergadering met boere in die streek het deel gevorm van die minister se besoek aan die Otjozondjupastreek, waartydens hy onder meer Namib Mills se graansilo’s op Otavi besoek het, asook samesprekings met Otavi se dorpsraad, NamWater, boere op Otavi en die streek se goewerneur gehou het.

Schelttwein het ook gesê Namibië beskik oor genoeg plaaslike kennis om die groenskemas te laat herleef, sonder dat daar van buitelanders of buitelandse hulpbronne gebruik gemaak hoef te word. “Ons het ons pensioenfondse asook talle bronne van private kapitaal, waarvoor daar eintlik desperaat na lewensvatbare projekte gesoek word,” het hy gesê.

“As ons dit kan kombineer, het ons alles wat ons nodig het sonder dat ons na buitelanders hoef uit te reik vir hulp,” het Schlettwein gesê.

Hy sê Namibië is tans nie selfvoorsienend in enige gewasse nie, maar dat Namibië vanjaar nader as ooit daaraan gekom het wat witmielieproduksie betref.

“Ek verstaan ons het vanjaar digby 110 000 ton mielies geoes. Om selfvoorsienend te kan wees, moet ons tussen 150 000 ton en 220 000 ton mielies kan produseer, maar dit hang egter af van hoeveel mahangu geoes is," het hy verduidelik.

“Ons kom daar, maar ons maak nog hoofsaaklik staat op droëlandproduksie terwyl ons ‘n enorme potensiaal vir besproeiing het,” het hy gesê.

SUIKER

Schlettwein het tydens sy besoek aan Otavi se meulens ook gesê Namibië trek tans aan die kortste ent omdat hy suiker ten duurste van Suid-Afrika moet aankoop.

“Suiker word vanaf Suid-Afrika ingevolge die Suider-Afrikanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC)-protokol asook ‘n Suider-Afrikaanse Doeane-uinie (Sacu)-reëling aangekoop. Ons het nie ons eie suikerprodusente nie.

“Daar is egter ‘n probleem met pryse. As ons van Suid-Afrika af invoer, kry ons nie die voordele van die pryspariteit in vergelyking met wanneer hulle uitvoer na plekke buite SACU nie. Ons betaal méér en ek glo dit strek tot ons nadeel,” het hy gesê.

Schlettwein sê die saak word tans binne Sacu hanteer. “Botswana, Namibië en Lesotho behoort hulle binne Sacu vir ‘n stelsel te beywer waar ons minstens uitvoer-pariteitspryse kan kry, veral as daar tekorte is.

“Dit is die groot probleem. As Suid-Afrika nie suiker kan verskaf nie, kan ons steeds nie uitvoer-pariteitspryse kry nie. Ons moet steeds teen surpluspryse koop. Dit is ‘n onregverdige situasie wat reggestel behoort te word,” het hy gesê.

BEESBEDRYF

Schlettwein het aan Otjozondjupa se boere verduidelik ná afloop van die Covid-19-pandemie het die regering se fokus verskuif en streef Namibië nou daarna om selfvoorsienend te wees sover dit stapelvoedsel betref.

“Wat proteïen betref, produseer ons groot surplusse. Ons moet egter iets drasties doen in terme van ons lewendehaweproduksie, want die sektor is in die moeilikheid.

“Ons glo die probleem is ‘n negatiewe balans wat die waardeketting vir waardetoevoeging verkort.

“Dit is omdat ons speenkalwers verkoop – ons verkoop ons beesvleis in die mees onverwerkte vorm moontlik,” het hy gesê. “Deur dié stelsel is daar nie moontlikhede om welvaart te skep vir ander partye, buiten die boer nie.

“Ons moet ‘n beter balans handhaaf tussen die uitvoer van speenkalwers en om slaggereed beeste self te slag. Ons moet terugkeer daarna om die produk te prosesseer eerder as om dit onverwerk te verkoop.

“Hierdie kwessie het veroorsaak dat ons leerbedryf tot niet is. Ons het nie meer ‘n leerlooiery nie. Ons vleisverwerkingskapasiteit het ook drasties afgeneem. Ons was voorheen die voorste vervaardigers van worse, salami's en ander vleisprodukte.

“Ons het tans ook nie een enkele geregistreerde abattoir wat geld maak nie. Almal van hulle ervaar geldelike probleme, hoofsaaklik omdat daar ‘n te klein deurset van slagdiere is. Dienooreenkomstig bestaan paralelle bedrywe soos hondekosvervaardigers, wat gewoonlik met ‘n abattoir vereenselwig word, ook nie,” het hy gesê. “Dit moet reggestel word,” was die minister se woorde.

Comments

Namibian Sun 2024-11-22

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!