Wêreld se grootste drywende boekwinkel besoek Walvisbaai
Logos Hope het ná vier jaar weer sy verskyning in Walvisbaai, Namibië, gemaak aan die einde van Junie. Die Orakel se redaksie het die boot op 18 Julie besoek. Die ervaring het hull met groot glimlagte gelaat.
Logos Hope is ’n geloofsgebonde organisasie wat daarop fokus om mense te help en Jesus Christus se naam te verkondig. Op die boot is daar 400 bemanningslede van 60 verskillende nasionaliteite. Een van die bemanningslede het gesê: “Die feit dat daar verskillende nasionaliteite op die boot is, maak dit soms moeilik om mekaar se oogpunte te verstaan, maar jy leer ook baie.” Alle personeel is vrywilligers; hulle verdien geen salaris nie. Die Orakel is gevra om nie die vrywilligers se name in druk te plaas nie.
Daar is meer as 5 000 boektitels oor sport, kuns en kosmaak asook geloof en tale. Die hoeveel boeke wat die redaksielede van Die Orakel gekoop het, wys dat lees definitief nie outyds is nie! Ná die groot boekuitstalling word prentjies uitgestal wat die Bybel-verhaal van die verlore seun vertel. Dit word doeltreffend uitgebeeld deur dinge te gebruik wat ons in ons era van die pad af laat dwaal.
Sleutelhouers, Logos Hope-hemde en -hoedens kon ook op die boot gekoop word. Cheyenne Turner, een van die redaksielede van Die Orakel, sê: “Die ervaring op Logos Hope was soos ’n reis deur ? wêreld vol boeke en idees, met elke hoek en draai wat ’n nuwe genre gehad het.” Sy sê verder: “Die mense wat daar werk, is baie vriendelik.”
Logos Hope het ook baie vir die Walvisbaai-gemeenskap beteken deur hulle interaksies met organisasies soos Sunshine Kids wat hulp aan jeug met gestremdhede bied.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article